WELKOM

Ons is ʼn plaaslike gemeente van die Here in Boksburg, wat Baptisties van oortuiging is.  Ons is geaffilieer met die Afrikaanse Baptiste Kerke wat ʼn affiliasie van soortdenkende gemeentes is wat in besonder die Afrikaanse gemeenskap van Suid Afrika bedien.

Ons verwelkom almal wat geloof in die Here Jesus Christus bely en ook enige persoon wat Christenskap ondersoek.  Ons sien uit daarna om jou in persoon te ontmoet.